Belasting Avontuur 2024

  • Opgestel deur: Karen van Wyk CA(SA)
  • Studietyd: 4 ure
Write your awesome label here.
KURSUSBESKRYWING
Hierdie kursus bied 'n praktiese oorsig van die voorbereiding van ‘n individuele belastingopgawe binne die Suid-Afrikaanse wetgewende raamwerk. Die fokus is op derdejaar-studente wat reeds oor 'n goeie begrip van die basiese beginsels van belasting beskik, en gereed is om komplekse, werklike scenario’s te hanteer.

Doelwitte:
Om studente bekend te stel aan gevorderde belastingbeginsels en toepassing daarvan op ‘n realistiese kliëntprofiel.
Om vaardighede te ontwikkel in die hantering van verskeie inkomstebronne, beleggings, vaste eiendom, byvoordele en internasionale elemente.
Om insig te gee in hoe belastingbeplanning en wetgewing prakties toegepas word op individuele vlak.
Om studente toe te rus met die nodige kennis en ingesteldheid om belastingopgawes akkuraat en volledig voor te berei.
Wat leerders kan verwag om te leer:
Die analise van komplekse kliëntprofiele met meer as een inkomstebron of aftrekking.
Die invul van 'n gesimuleerde ITR12 op grond van werklike brondokumente soos IRP5’s.
Die toepassing van relevante artikels uit die Inkomstebelastingwet op praktiese gevalle.
Hierdie kursus boots die ervarings van ’n junior belastingpraktisyn na en berei studente voor vir sukses in die werklike wêreld.

Sperdatum: 19 Mei 2025 17:00